Sinner se benoeming vir Laureus-toekenning teruggetrek
Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, se Laureus-benoeming vir sportman van die jaar is teruggetrek nadat hy vir drie maande geskors is weens opkikkergebruik. Die driemalige kampioen, wat verlede jaar twee keer positief getoets het, mag in Mei eers weer speel ná ʼn ooreenkoms met die Wêreldagentskap teen Verbode Middels in Sport. Die Laureus-wêreldsport-akademie se voorsitter, Sean Fitzpatrick, sê hulle neem kennis van die versagtende omstandighede, maar die verbod maak Sinner se benoeming ongewens.