Utoni Nujoma, Venaani bring hulde aan stigterspresident Sam Nujoma

Die amptelike gedenkdiens van stigterspresident Sam Nujoma is aan die gang by die Onafhanklikheidstadion. Nujoma se oudste seun, arbeidminister Utoni Nujoma, het namens die familie, kinders en kleinkinders ‘n boodskap gelewer. Hy het sy oorlede vader beskryf as ‘n visioenêre leier wat onvermoeid gewerk het vir Namibië se bevryding. Utoni sê dat Nujoma ‘n man was wat altyd die lewens van ander wou ophef.

McHenry Venaani, LP en leier van die amptelike opposisie PDM, het ook ‘n huldeblykboodskap gedeel.