Oekraïnse kabinet gee groenlig vir VSA minerale ooreenkoms

Oekraïne se kabinet het die groen lig gegee vir die land se minister van Buitelandse Sake of die Ekonomie om ‘n ooreenkoms te onderteken wat Washington toegang gee tot Oekraïne se natuurlike hulpbronne in ruil vir Amerikaanse ondersteuning. Onderhandelinge rondom die ooreenkoms het tot spanning tussen die Amerikaanse president Donald Trump en die Oekraïnse leier Volodymyr Zelensky gelei nadat hy geweier het om die eerste konsep te onderteken. Trump het toe beweer die Oekraïnse leier is ‘n onwettige en korrupte “diktator”. Zelensky word vandag in Washington verwag vir die ondertekening en ‘n vergadering met Trump.