IPC, LPM se hofaansoek misluk
Die IPC en LPM se aansoek teen die uitslag van die presidensiële verkiesing in die hooggeregshof is van die hand gewys. ‘n Volbank regters, Peter Shivute, Petrus Damaseb, Sylvester Mainga, Hosea Angula en Dave Smuts, het die aansoek, wat aangevoer het dat die verlenging van die verkiesing onwettig was, omdat die proklamasie oor die verlenging wat deur president Nangolo Mbumba uitgereik is, onwettig was, aangehoor. Regter Peter Shivute het die uitspraak gelewer.