Geboortes in Japan op rekordlaagtepunt
Geboortes in Japan het in 2024 nog ‘n rekordlaagtepunt bereik, en vir die negende agtereenvolgende jaar gedaal. Jongmense stel die huwelik uit terwyl die bejaarde bevolking toeneem. Die syfers beklemtoon die dramatiese demografiese uitdagings waarmee die wêreld se vierde grootste ekonomie worstel te midde van ‘n krimpende arbeidsmag wat die koste moet dra vir die versorging van die bejaarde bevolking. Geboortes in 2024 was vyf-persent laer as in 2023 en is die laagste gedaal sedert die regering in 1899 begin het om inligting te versamel. Daar was verlede jaar dubbeld soveel sterftes as geboortes.