DA: Meeste moorde in SA vind in KwaZulu-Natal plaas

Die Demokratiese Alliansie in KwaZulu-Natal sê die provinsie se jongste kwartaallikse misdaadstatistiek vir die tydperk van April tot 30 Junie is bewys van die voortslepende bedreiging van inwoners se veiligheid. Die syfers wat deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekend gemaak is, toon dat die meeste moorde in die land in KwaZulu-Natal plaasvind waar 1 104 mense binne drie maande vermoor is. ‘n DA-woordvoerder, Sharon Hoosen, sê 1 959 mense is in dieselfde tydperk verkrag.