Musiek-beroemdes gaan by Oscars optree
Benoemde kunstenaars Cynthia Erivo en Ariana Grande, die sterre in die treffer Wicked, gaan Sondag by die 97ste Oscar-toekennings optree. Die rolprent het tien benoemings ontvang, insluitend vir die beste rolprent en oorspronklike klankbaan. Queen Latifah is deel van ‘n huldeblyk aan die legendariese Quincy Jones wat in November verlede jaar oorlede is. Doja Cat, Lisa van Blackpink en die Grammy-genomineerde kunstenaar Raye gaan ook optree. Die Oscars se uitvoerende vervaardiger, Raj Kapoor, sê die optredes vier die rolprentvervaardigersgemeenskap en van sy legendes.