Landbou werk hard aan kommandowurms

‘n Uitbreking van herfskommandowurms het vele mielielande in die Zambezi-streek vernietig en bedreig hierdie seisoen se oes. Landbouvoorligtingsbeamptes het vroeër gesê hulle sal ingryp wanneer plaagdoders beskikbaar is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewas- en pluimveeproduksie by Agribank, wat sê die landbouministerie is druk besig om die uitbreking te beveg.