Duitse neiging na regs kan reparasies beïnvloed

Die uitslag van die verkiesings in Duitsland kan die 18 miljard Namibiese dollar-gesamentlike verklaring tussen Namibië en Duitsland oor die 1904 tot 1908 volksmoord beïnvloed. In 2021 het Duitsland 1,1 miljard euro belowe vir ontwikkeling in die geraakte gemeenskappe. Die ver-regse AfD-party, wat tweede in die verkiesing gekom het en die erkenning van koloniale skuld teëstaan, kan pogings om die ooreenkoms te finaliseer bemoeilik. Die gesamentlike verklaring, wat deur meeste van die geraakte gemeenskappe verwerp is, sou voor Maart vanjaar onderteken word, maar die toekoms daarvan is duister. Die Namibiese politieke kommentator dr. Henning Melber, navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa Institute, sit sy siening uiteen.

Melber sê dis onwaarskynlik dat volksmoord-reparasies ‘n prioriteit gaan wees.