Chinese doen hulle voor as roubeklaers om noedeldis te proe

Kosliefhebbers in China stroom na die Erlong-begrafnisonderneming in die suidwestelike provinsie Guizhou nadat ‘n noedelgereg met gemaalde varkvleis en grondboontjies wat daar bedien word, wyd versprei is op sosiale media. Die kombuis maak voorsiening vir die begrafnisondernemer se kliënte, maar nadat die video oor sy noedels versprei is, het hordes mense begin opdaag om die kos te proe en hulle as roubeklaers voorgedoen het. Die begrafnisondernemer het intussen besluit om elke dag 50 gratis bakkies noedels uit te deel.