Inflasie daal, maar ‘goedere en dienste se pryse sal styg’
Die land se jaarlikse inflasiekoers het beduidend verlangsaam, volgens die Namibië Statistiekagentskap. Die jaarlikse inflasiekoers in Januarie was 3,2 persent, ‘n noemenswaardige afname vanaf 5,4 persent in Januarie 2024. Die Namibië Verbruikersprysindeks, wat die verandering in prys van ‘n mandjie goedere en dienste meet, het egter ‘n maand-tot-maand inflasiekoers van 1,1 persent in Januarie getoon, aansienlik hoër as die 0,2 persent in Desember 2024. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Max Rix, die hoof van beleggings by Simonis Storm, wat voorspel dat die verbruikersmandjie se prys sal toeneem.