Nujoma Donderdag terug in hoofstad vir straatoptog

Die ministerie van inligting het in hul jongste perskonferensie inligting gedeel oor die verrigtinge wat van môre af in die hoofstad sal plaasvind wanneer die stigterpresident Sam Nujoma in Windhoek land na sy streeksgedenkdienste. Die minister van inligting Emma Theofelus het meer inligting verskaf oor roubeklaers wat in die land sal aankom.

Nujoma land môreoggend rondom half-agt by Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Daarna sal sy straatoptog in die hoofstad plaasvind. Verwag vertragings in die verkeer tot hy in staatsie by die parlementstuine lê teen laat namiddag.