Macron ontmoet EU-leiers na Trump-vergadering
Die Franse president Emmanuel Macron sal vandag mede-EU-leiers inlig oor sy samesprekings met die Amerikaanse president, Donald Trump, voor die noodberaad oor Europese steun vir Oekraïne. Antonio Costa, wat aan die hoof staan van die Europese Raad wat die 27 lidlande verteenwoordig, het op X aangekondig hy het ‘n videokonferensie met Macron belê om voor te berei vir die leiers se samesprekings op 6 Maart. Trump het Europa onkant gevang toe hy verklaar het hy is bereid om sonder Europese betrokkenheid met Rusland te onderhandel oor die beëindiging van die drie-jaar-lange oorlog.