Daar moet verantwoording wees vir uitlek van kabinetsbesluite 

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê persone wat kabinetsbesprekings laat uitlek, moet wetlik tot verantwoording geroep word. Dit volg ná berigte dat die kabinet die minister van Finansies, Enoch Godongwana se hersiene begroting verwerp het omdat dit nie werkbaar is nie. ‘n Spesiale kabinetsvergadering het Maandag die uitgestelde begroting bespreek, insluitend ‘n voorgestelde BTW-verhoging van twee-persent. Mbalula sê die wette wat die kabinet beheer, is steeds van toepassing: