Goeie vordering met gryslys  

Namibië maak goeie vordering om die probleme wat deur die Finansiële Aksie Taakmag uitgewys is toe hy die land op sy gryslys geplaas het, aan te spreek. Die taakmag het by sy vergadering in Parys die land se tweede vorderingsverslag hersien. Dit wys dat vier aksie-items grootliks aangespreek is, die meeste ander is gedeeltelik aangespreek en een is nog nie aangepak nie. ‘n Sleutel-prioriteit vir die volgende verslagdoening op 7 Maart is die indiening van voordelige eienaarskapinligting by Bipa. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bryan Eiseb, die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum.