Hyphen gaan Hardap-jeug oplei vir groenwaterstof-sektor

Hyphen het ‘n memorandum van verstandhouding met die Hardap-streekraad onderteken om die jeug van die streek toe te rus met vaardighede vir die groenwaterstof-sektor. Hardap-goewerneur Salomon April het die belangrikheid van verdere opleiding van die jeug beklemtoon omdat hulle volgens hom weens werkloosheid gedemotiveer is. Toni Beukes, Hyphen se hoof van omgewing, maatskaplik en bestuur, het by die geleentheid gepraat.