Elektriese voertuie se invoerbelasting is te hoog

Die installering en bedryf van infrastruktuur om elektriese voertuie te herlaai gaan ‘n hupstoot kry na die Elektrisiteitsbeheerraad ‘n regulatoriese raamwerk daarvoor goedgekeur het. Dit is geskeduleer om vanaf vroeg April vanjaar in fases geïmplementeer te word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Almandro Jansen, ‘n ekonoom by Simonis Storm, wat sê daar behoort laer invoerbelasting op elektriese voertuie gehef te word om dit meer bekostigbaar te maak.