VN aanvaar vredes-resolusie oor die Oekraïne

Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het ʼn resolusie aanvaar met die titel: “Bevorder ʼn omvattende, regverdige en blywende vrede in Oekraïne.” Altesaam 93 lede het daarvoor gestem, 18 daarteen en 65 het buite stemming gebly. Die resolusie vra dat geweld afneem, ʼn vroeë staking van vyandighede en ʼn vreedsame oplossing vir die oorlog. Dit beklemtoon ook dat die oorlog vanjaar nog moet eindig. Die VN het 41 783 burgerlike slagoffers aangeteken wat minstens 12 600 sterftes insluit.