Kalimbeza-hoof gesels oor oes

Die Kalimbeza-rysprojek, waar daar vir lank nie veel aangegaan het nie, het volgens berigte 70 metrieke ton rys geoes. Net 37 hektaar uit 229 hektaar is beplant, want daar is nie toerusting vir groter aanplantings nie. Van die totale aantal hektaar is 79 hektaar ook onproduktief. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die projek se plaasbestuurder, Patrick Kompeli, wat meer inligting oor hul oeste gee.