Google moet R500m in fonds vir media belê
Marknavorsing wat die Mededingingskommissie gedoen het onthul in ‘n voorlopige verslag hoe sosiale media-tegnoreuse Suid-Afrika se media-advertensiemark oorheers. Die ondersoek het bevind Google oorheers die mark deur middel van partydige algoritmes. Die voorsitter, James Hodge, vra dat Google Suid-Afrikaanse mediahuise met 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand jaarliks vergoed oor vyf jaar. Hy stel ‘n digitale heffing van 5 tot 10 persent voor vir tegnologiereuse en algoritme-aanpassings om billike mededinging te herstel: