Omatakodam kry 2,5 miljoen kubieke meter inloop
Die Omatakodam is al een van die drie sentrale damme wat onder andere Windhoek van water voorsien wat die afgelope week inloop gehad het, volgens NamWater. Die dam is 24,8 persent vol na inloop van 2,5 miljoen kubieke meter. Swakoppoort is op 33,5 persent en Von Bach op 27,3 persent. Die Ooste se waterbronne het gestyg vanaf 2,2 persent verlede week tot 3,6 persent. Die Otjiverodam is 2,9 persent vol en die slikdam is op 4,7 persent. Daan Viljoen is op 10,2 persent en die Tilda Viljoen is dolleeg. In die Suide is Hardap op 23,2 persent na 2,13 miljoen kubiek die afgelope week gebruik is. Neckartal is op 81,2 persent en die Naute by Keetmanshoop op 33,7 persent. Die Oanob by Rehoboth is op 33,2 persent en die Olushandja in die noorde op 48,8 persent.