Amerikaanse Posdiens vereer wyle Betty White

Amerika se Posdiens vereer die ontslape aktrise en komediant, Betty White, met ‘n nuwe Forever-herdenkingeël. Sy het tydens haar lang loopbaan van meer as 60 jaar agt Emmys, drie SAG-toekennings, ‘n Grammy en ‘n ster op Hollywood se Walk of Fame gekry. Die Posdiens sê die seël het ‘n digitaal-geskepte uitbeelding van White in ‘n botstuk met blou kolle teen ‘n pers agtergrond met vrolike kolletjies wat pas by haar sprankelende persoonlikheid. White is in 2021 op 99 oorlede. Die seël sal volgende maand beskikbaar wees.