Krokodille kry swaar onder klimaatsverandering
ʼn Nuwe studie het bevind klimaatsverandering beïnvloed soutwaterkrokodille in Australië. Krokodille is koudbloedige diere wat op hul eksterne omgewing staatmaak om hul liggaamstemperatuur te beheer. Volgens ‘n studie in Current Biology, was 65-persent van die 203 krokodille wat ondersoek is, se liggaamstemperatuur minstens een keer hoër as die beperking van 32-grade. Een-en-veertig-persent se temperatuur was meer as 33-grade en 22-persent meer as 34-grade. Die outeur Kaitlin Barham sê die krokodille wat waargeneem is, was minder aktief tydens die warmste periodes.