Duitsland stem regs
Uitgangspeilings toon dat Duitsland se senterregse Christen-Demokratiese Unie die meeste stemme in die algemene verkiesing gewen het met Friedrich Merz wat waarskynlik die volgende kanselier sal wees. Die party het in Sondag se verkiesing 28,8-persent van die stemme gekry. Dis nie ʼn meerderheid nie, wat beteken ʼn koalisieregering sal gevorm word. Die verregse Alternatief vir Duitsland is tweede met ʼn rekord 20,2-persent van die stemme, en kanselier Olaf Scholz se senterlinkse Sosiaal-Demokratiese Party is derde. Duitsland het Europa se grootste ekonomie en grootste bevolking.