Ierland, Engeland boaan Sesnasies-punteleer

Ierland en Engeland is in die eerste twee plekke op die Sesnasies-punteleer na oorwinnings oor Wallis en Skotland. Ierland moes hard werk om ‘n baie verbeterde Wallis 27-18 te klop in Cardiff. Wallis het in ‘n stadium 18-10 voorgeloop, maar die verdedigende kampioen het teruggeveg. Op Twickenham het Engeland naelskraaps 16-15 teen Skotland gewen. Die Suid-Afrikaanse vleuel Duhan van der Merwe se drie in beseringstyd het Skotland binne een punt van die gasheer geneem, maar mede-kaptein Finn Russell het misgeskop. Italië speel vanmiddag in Rome teen Frankryk.