Aanval naby Joodse Volksmoord-gedenkteken in Berlyn
‘n Jong vlugteling van Sirië verskyn vandag in ‘n Berlynse hof nadat ‘n Spaanse toeris met ‘n skerp voorwerp gesteek is naby die Duitse hoofstad se Joodse Volksmoord-gedenkteken. Die 30-jarige toeris is in ‘n ernstige toestand hospitaal toe geneem maar dokters sê hy is buite gevaar. Die verdagte is 19. Dit is nie duidelik of die twee mans mekaar geken het of wat die motief mag wees nie. Die gedenkteken vir die ses miljoen Jode wat die Nazi’s gedurende die Tweede Wêreldoorlog vermoor het, is die stad se heiligste terrein.