Bulle karnuffel Leeus op Loftus

Die Bulle is nou net twee punte agter Glasgow Warriors in die derde plek op die Verenigde Rugbykampioenskaps-leer na ‘n oorwinning van 31-19 oor die Leeus op Loftus. Die Springbokvleuel Canan Moodie het twee van die tuisspan se vyf drieë aangeteken, terwyl Willie le Roux, Sebastian de Klerk en Marco van Staden ook gedruk het. David Kriel het twee verdoel. Die Leeus het geantwoord met drieë deur Henco van Wyk, PJ Botha en Richard Kriel. Leinster is steeds gemaklik boaan die punteleer, en die Leeus is twaalfde.