Israel weier om Palestyne vry te laat
Israel het vanoggend vroeg gesê 620 Palestynse gevangenes en aangehoudenes sal eers oorhandig word sodra die vrylating van nóg Israeliese gyselaars verseker is. Die groep Palestyne was veronderstel om Saterdag vrygelaat te word. Die aankondiging van eerste minister Benjamin Netanyahu se kantoor volg ná ses Israeliese gyselaars Saterdag uit Gaza vrygelaat is. Israel het Hamas opnuut daarvan beskuldig dat dit die maandlange skietstilstand oortree.