Derde ronde van Sesnasies dié naweek
Die Sesnasies bereik die naweek die derde ronde, en opwindende kragmetings word verwag. Wallis verwelkom die verdedigende kampioen en voorloper op die punteleer, Ierland, in Cardiff. Afskop is 4.15. Engeland en Skotland pak mekaar daarna op Twickenham. Môremiddag vyf-uur speel Italië en Frankryk teen mekaar in Rome. Ierland het Engeland en Skotland in die eerste twee rondes geklop en staan op tien punte, gevolg deur Frankryk en Engeland, albei op ses, Skotland op vyf, Italië op vier en Wallis op een.