Nog ‘n haatspraak-herrie in SA
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek uitlatings wat Nhlamulo “Nota” Baloyi in ‘n aanlyn uitsending, The Hustlers Corner SA gemaak het nadat daar klagtes was oor Baloyi se mening oor wit mense. Die kommissie se woordvoerder, Wisani Baloyi, sê die SAMRK in Gauteng waarsku vryheid van uitdrukking is nie sonder beperkings nie en haatspraak word verbied. Hy sê die finale ondersoekverslag word vandag verwag.