Miljoene deur banke opgeëis vir skuld

Daar was 84 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend met 14 op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 46 van die aansoeke gebring en die twee sessies is deur regters Eileen Rakow en Doris Hans-Kaumbi hanteer. Die banke eis 28 lenings, met skuld van 26,9 miljoen Namibiese dollar op sowel as 18 eiendomme met uitstaande skuld van 29,76 miljoen dollar. In Maandag se sessie hanteer regter Eileen Rakow 36 onverdedigde egskeidings.