NLU sê spesialishowe moet veediefstal hanteer

Die Namibiese Landbou-unie is deur die Nasionale Vergadering versoek om ‘n openbare verhoor by te woon om ‘n voorlegging te doen oor die vlak en impak van veediefstal en die impak van die huidige wetgewende raamwerk om veediefstal te bekamp. Vier landbou-unies het kragte saamgesnoer en gesamentlik standpunte ingedien. Die siening is dat die strafregstelsel boere in die steek laat. Alhoewel daar goeie samewerking met die polisie is, is hofverrigtinge ver van optimaal. Voortdurende uitstel van sake, verlore dossiere, onvoldoende voorbereiding deur aanklaers, of nie-bywoning van landdroste is ‘n daaglikse realiteit. Die NLU stel voor dat veediefstal ook deur dieselfde spesialishowe wat wild- en omgewingsmisdade verhoor, hanteer moet word.