Lewis is diep opgewonde oor Ferarri

Met die nuwe Formule Een-seisoen minder as ‘n maand weg, het Lewis Hamilton aan CNN Sport gesê dat sy skuif na Ferarri die uitdaging is wat hy nodig gehad het. Die sewemalige wêreldkampioen het verlede jaar skokgolwe deur die sport gestuur toe aangekondig is hy gaan sy droom verwesenlik om in die ikoniese rooipak van die Italiaanse span te ry, nadat hy 12 jaar by Mercedes deurgebring het. Maar selfs hy erken dat hy verras is oor die impak wat sy aankoms by die Italiaanse span gehad het.