NNN maak groot beloftes
Die verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah maak groot beloftes. Volgens plaaslike berigte beloof sy om helfte van die informele huise teen 2029, oor vier jaar, uit te wis en 50 000 huise bou. Sy sal ook invoere met 80 persent verminder. Beleggings van 3 miljard Namibiese dollar word vir hospitale belowe en 7 miljard dollar vir sportstadions. Sy het ook beloof om Air Namibia weer op die been te bring wat volgens kenners ‘n reuse-uitdaging is as gevolg van die ligging van die land teenoor belangrike bestemmings wat die winsgewendheid van die redery raak.