Israel sê liggaam is nie Shiri Bibas, ma van 2 kinders, nie

Die Israelse weermag beskuldig Hamas van ʼn skending van die skietstilstand-ooreenkoms en sê toetse toon een van die vier liggame wat die groep oorhandig het, is nie dié van enige gyselaar nie. Die weermag sê hy het twee van die liggame wat Hamas Donderdag oorhandig het, as dié van Ariel en Kfir Bibas geïdentifiseer, maar die derde liggaam wat hul ma, Shiri, s’n moes wees, is nie haar oorskot nie. Die vierde liggaam is dié van die veteraan vredesaktivis, Oded Lifshitz.