Kantoor van die Ombudsman-wetsontwerp oplaas voor parlement

Justisieminister Yvonne Dausab het die Kantoor van die Ombudsman-wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê, met die doel om die kantoor ten volle onafhanklik van die justisieministerie te maak. Die wetsontwerp poog om die kantoor beter in lyn te bring met internasionale menseregte -standaarde. Hierdie hervorming sal die ombudsman groter outonomie gee, wat sy rol as ‘n skans teen menseregte–skendings, magsmisbruik en swak bestuur versterk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ombudsman Basilius Dyakugha.