Naute-groenskema oes dadels
Die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap het oudergewoonte 350 werklose jongmense vir vier maande aangestel om by die Naute-groenskema by Keetmanshoop dadels te help oes. Nida verkoop die oes aan ‘n privaatkontrakteur wat dit uitvoer. Volgens Nida, is de druiwe-oes afgehandel en net meer as 75 000 kartonne is uitgevoer. Die groenskema was onlangs in die nuus met krag wat afgesny is weens wanbetaling. Maar ander uitdagings sluit in ou druiwe variëteite, beperkte spasie vir aanplantings en hoë insetkostes.