Trump leef in Russiese disinformasie-ruimte: Zelensky

Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê dat Amerikaanse president Donald Trump in ‘n Russiese disinformasie-ruimte leef. Dit kom na Trump gesê het dat Rusland se oorlog in die Oekraïne baie maklik voorkom kon wees. Trump het bygevoeg Oekraïne moes nie die oorlog begin het nie. Trump het ook gesê dat Zelensky ongewild is in Oekraïne en net sowat 4 persent steun geniet. ‘n Voormalige adviseur van Oekraïne se verdedigingministerie, Alexander Khara, lewer kommentaar.