Macron bied nuwe Oekraïne-vergadering aan
Die Franse president, Emmanuel Macron, bied vandag ‘n nuwe vergadering oor Oekraïne aan in ‘n poging om Europese reaksie te koördineer op wat hy ‘n bestaansbedreiging van Rusland noem ná ‘n skokkende beleidsverskuiwing in Washington. Volgens die Franse presidensie beplan Macron gesprekke met ongeveer 15 regeringshoofde, die meeste aanlyn. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër die Europese Unie verstom toe hy aandui hy is gereed om diplomasie met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, te hervat terwyl die Russiese oorlog teen Oekraïne reeds drie jaar woed.