Namibië kan betrek word by SA-VSA geskille

‘n Ope brief van die Amerikaanse Kongres doen tans die rondte op sosiale media. Die brief vra president Donald Trump om Suid-Afrika se voordele onder die Agoa-ooreenkoms te herroep. Dit verwys na die verhouding wat die buurland met China en Rusland het, en sy steun vir Palestina. Verder lui die brief dat die Suid-Afrikaanse regering ‘n etno-nasionalistiese “gangster”-regime is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, oor die moontlike gevolge vir Namibië.