Aktivis sê Recon lieg vir beleggers
‘n Webwerf vir aktiviste teen eksplorasiewerk deur ReconAfrica het onlangs ‘n plasing gehad met aantygings or hoe ReconAfrica beleggers bedrieg het oor groot olie-afsettings in noord-oostelike Namibië. Die plasing is gebaseer op ‘n artikel in die National Geographic van Mei 2021, waarvolgens ‘n fluitjieblaser ‘n verslag by die VSA se Securities and Exchange Commission ingedien het. Die verslag het openbare rekords gebruik en het meer as 150 gevalle van misleidende verklarings deur ReconAfrica gelys. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die skrywer van die blog-plasing, Rob Parker van die Economic and Social Justice Trust, wat meer inligting gee.