ECB voltooi omskakeling van voorafbetaalde kragmeters 

Die Elektrisiteitsbeheerraad sê sy opdatering van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters is voltooi, met ‘n 95 persent-uitvoeringskoers. Robert Kahimise, die raad se uitvoerende hoof, sê die veldtog is op 24 November 2024 afgesluit, met 314 084 uit 329 347 voorafbetaalde elektrisiteitsmeters suksesvol opgedateer. Hy sê tussentydse maatreels is getref met die 15 263 meters wat nie op die afsnydatum opgedateer was nie. Reëlings is getref tussen die geraakde kliënte en hul onderskeie lisensiehouers deur krediete voor die afsnypunt beskikbaar te stel, of konvensionele meters te installeer terwyl hulle wag op opdaterings.