Tekortkominge in Blok 2914A-impakproses

Die Regshulpsentrum het onlangs op Oranjemund ‘n gemeenskapsdialoog aangebied, met die fokus op die omgewings- en maatskaplike impakbepaling vir Blok 2914A in die Oranje-bekken. Die bepaling is in Oktober 2024 goedgekeur, maar ‘n oorsig dui op beduidende tekortkominge. Daar is ernstige kommer oor die potensiële risiko’s vir onder meer inwoners se lewensbestaan en kus-ekosisteme. Die sentrum sê inwoners is nie geken in die impakproses, soos deur die wet bepaal nie. Riwayn Doëseb, ‘n kandidaat -regspraktisyn by die Regshulpsentrum, het meer.