In situ uraanloging veroorsaak geen besoedeling: Headspring
Headspring Investments bevorder opnuut die in situ loog-ontginningsmetode as ‘n wen-wen-geleentheid vir Namibië, weens die ekonomiese voordele en omgewingsvolhoubaarheid daarvan. Die metode behels die inspuiting van ‘n loogoplossing ondergronds om uraan op te los, wat dan uitgepomp word. ‘n Belangrike twispunt is die potensiële risiko vir besoedeling van die Stampriet-akwifeer. Volgens Headspring sal gevorderde tegnologie en streng regulasies die logingsoplossing beperk tot die mynbousone, wat waterbesoedeling voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Aldo Hengari, bedryfsdirekteur van Headspring Investments, oor hoe dit werk.