Tweede fase van Walvis se jeugklimaatfonds aangekondig
Walvisbaai burgemeester Trevino Forbes het die tweede fase van die Walvisbaai Jeugklimaataksiefonds aangekondig, ‘n inisiatief van die Bloomberg Sentrum vir Openbare Innovasie. Die program het ten doel om jongmense te inspireer om effektiewe klimaatoplossings in hul gemeenskappe te skep en te implementeer. Vir hierdie fase het die burgemeesterskantoor 1,8 miljoen Namibiese dollar ingesamel om jeuggeleide klimaatprojekte in Walvisbaai te ondersteun. Aansoekers tussen 15 en 24 jaar oud, insluitend individue en jeug-geleide organisasies, kan aansoek doen vir tot 100 000 dollar om klimaatsprojekte te implementeer. Die sperdatum vir aansoeke is 3 Maart. Kosmos 94.1 Nuus het met burgemeester Forbes gesels.