Namibië moet sy afhanklikheid op SACU-fondse verminder

Die Bank van Namibië projekteer dat die land se inkomste van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie hierdie jaar met 7 miljard Namibiese dollar sal val na sowat 21 miljard dollar. Dit is weens globale ekonomiese faktore en ‘n verandering in die unie se inkomstedelingsformule, volgens die hoof van beleggings by Simonis Storm, Max Rix. Hierdie inkomste is uiters belangrik vir Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met Rix gepraat wat sê die land sal dringend sy interne inkomste moet vermeerder.