Iran veroordeel Netanyahu se uitsprake

Iran veroordeel die oproep van die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, om “die werk af te handel” teen die Islamitiese republiek. Die woordvoerder van die Ministerie van Buitelandse Sake, Esmaeil Baqaei, sê om ander te dreig is ‘n growwe skending van sowel die internasionale reg as die Handves van die Verenigde Nasies. Netanyahu het gister tydens ‘n nuuskonferensie met die besoekende Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gesê Israel sal “die werk afhandel” teen Iran met die steun van Amerika, sy top-bondgenoot.