Ander spelers lug mening oor Sinner se skorsing

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, se skorsing van drie maande ontlok steeds uiteenlopende menings in die tenniswêreld. Die Italianer het die skorsing aanvaar nadat hy in Maart verlede jaar twee keer positief getoets het vir geringe spore van ʼn verbode middel. Die vroue se wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, sê die stelsel skrik spelers te veel af. Nommer-drie, Coco Gauff van Amerika, hoop die maatreël is om die sport te beskerm en nie spelers uit te vang nie. Nog ʼn Amerikaner, Jessica Pegula, reken die proses is heeltemal gebroke.