Privaatsektor maak skuld maar sukkel met betaling

Die Bank van Namibië sê dat van die 706 275 lenings wat teen einde 2024 by kommersiële banke aangegaan is, was amper 556 000 individue. Maar, daar is kommer oor hulle vermoëns om skuld van 3,7 miljard Namibiese dollar, te betaal, soos weekliks in die mosiehof na vore kom. Volgens die sentrale bank presteer 6,8 miljard dollar se lenings aan die privaatsektor ook nie. Die handel en verblyf sektor was die tweede grootste wanbetaler in 2024, met 572,4 miljoen dollar se lenings wat nie terugbetaal is nie