Jaftha se dagga-saak tot Julie uitgestel vir volbank regters
’n Volbank regters van die hoërhof sal die dagga-aktivis Brian Jaftha se saak vir die wettiging van dagga in Namibië aanhoor. Die saak vandag was aanvanklik vandag neergelê vir ‘n statusverhoor, maar is tot 2 Julie uitgestel. Die staat het versoek dat die verrigtinge gestaak word totdat die Wetshervormings- en Ontwikkelingskommissie sy byna vier jaar lange verslag oor dagga-wetgewing finaliseer. Die staat hoop dat die aanbevelings by Namibiese samelewingswaardes sal aansluit. Jaftha voer aan dat dagga godsdienstige betekenis het en soek die vrylating van individue wat gevange geneem is vir dagga-verwante oortredings. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaftha se regsman Kadhila Amoomo gepraat.